Kruin bied aan Ouma en die ou Koeie op Woensdag 20 Mei om 19:00

(Geen onder 14 – Taal)

Soos ons ouer word is meeste mense geneig om, (geriefikheidshalwe) sekere dinge te begin
vergeet. En dis gewoonlik die goed wat ons nie WL onthou nie. En die wat ons WL onthou, kry
mos mettertyd allerhande “versierinkies” by. ‘n Halwe waarheid in die 50’s, word ‘n voldonge
feit 50 jr later. ‘n Wolhaarstorie word ge-“blow”-dry tot n manjifieke “beehive”, en ‘n besope “one
night stand” verander jare later in n pragtige kortstondige romanse. Maar daar skort nog niks
met Ouma se geheue nie .. en sy onthou … nie net haar eie stories nie, maar ook die van die
‘vromes” onder ons … wie se ou koeie hulle baie eerder diep in die sloot sou wou los. Wat Ouma
wel vergeet het, is hoe om doekies om te draai Ouma en die ou Koeie is ‘n komedie -kabaret
wat jou een oomblik sal laat skaterlag en die volgende een saggies laat snak na jou asem, want jy mag jouself dalk net herken. Van Ouma se debuut in Ouma is op pad skryf’n gehoorlid: “Margit Meyer-Rodenbeck neem jou op ‘n super-humoristiese en verfrissende wyse op reis deur “n veranderende wereld! Jy huil soos jy lag, terwyl ernstige waarhede jou lag-lag tref. Uitstekend!”

Toegang: R150-00 per persoon

Padkafee vanaf 17:00
Hamburgers – R50.00
Kaaswors rol (Cheese griller) – R40.00

"*" indicates required fields

Naam en van*

Ouma en die ou koeie kaartjies (R150.00 p.p.)

Padkafee

Price: R40.00
Price: R50.00
This field is for validation purposes and should be left unchanged.