Gelukstrekking 2026
Gelukstrekking 2026Die Kruin gelukstekking het al ‘n gevestigde instelling in ons gemeente geword.Vanjaar hanteer ons dit ietwat anders.
Daar is 3 pryse waaruit die 3 wenners kan kies.
• 7 nagte by Kleinbrak rivier naby Mosselbaai.
• Naweek in ’n Wildreservaat (besonderhede sal deurgegee word)
• Slagskaap
Om in aanmerking te kom vir die pryse moet jy die skakel wat via Whatsapp aan jou
gestuur word, oopmaak en voltooi
Prys per kaartjie R25.00 elk
As u ’n pakkie van 10 kaartjies teen R250 aankoop kry u ‘n 11de kaartjie gratis.
Trekkingsdatum: Sondag 8 Maart 2026. Alle uitstaande gelde moet teen Saterdag 28
Februarie inbetaal wees om in aanmerking te kom vir die trekking.
Onderaan sal jy ‘n nommer vind. Wanneer jy die geld oorbetaal in die rekening van
Kruin, moet jy asb. die nommer as verwysing aandui.
Ons sal dit ook hoog op prys stel indien jy die skakel vir 10 ander mense aanstuur.
Praat met hulle daaroor en vra hulle om ons gemeente te ondersteun. Indien jy enige
probleme ervaar, kan jy dit met Corrie Viljoen bespreek.
